Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS SONDAG 24 MEI 2015

Goeiemore en welkom. Hier volg die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA se nuus vir Sondag 24 Mei 2015, gelees deur..........(Naam; roepsein en QTH)

Luister elke Sondag deur die hele land na 'n uitsending van SARL-NUUS in Afrikaans om 08:15 en in Engels om 08:30 plaaslike tyd. 'n Teks weergawe van hierdie bulletins kan by www.sarl.org.za , die SARL se webwerf, afgelaai word. Jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

Ons begin van more se bulletin ongelukkig met ‘n stil sleutel:

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Derek Lambert ZS1DAL laas Woensdag na ‘n lang siek bed en hospitalisasie. Derek was woonagtig in die Klaradyn Aftree Oord in Brackenfel, Kaap en word oorleef deur sy vrou Dina en seun Keith. Derek was ten tyde van sy dood nie meer aktief as radio amateur nie.

POUSE 5 Sekondes asb.

IN VANDAG SE NUUS
SARL STAL UIT BY DIE GAUTENG OUTDOOR EXPO
VERANDERINGE AAN RADIO ZS
BHF NUUS
WEDSTRYD NUUS

Bly ingeskakel vir hierdie en nog ander interessante nuus.

** Die SARL sal amateur radio as 'n stokperdjie ten toon stel by die 2015 GAUTENG OUTDOOR EXPO vanaf Vrydag 29 Mei tot Sondag 31 Mei 2015 by die Waterfall Polo Estate in Kyalami.
As jy 'n belangstelling het in die buitelug lewe dan is die expo net die plek vir jou en beloof om 'n baie interessante en genotvolle belewenis te wees.
Vir meer inligting, besoek gerus die webblad by www.gauteng.outdoorexpo.co.za
Moenie vergeet om ons te kom besoek by die SARL stalletjie nie, sien jou daar!


** Veranderings aan Radio ZS. Een van die agenda punte bespreek tydens die 2015 Strategiese Vergadering van die Raad was die pad vorentoe met Radio ZS. Daar is besluit dat vanaf die Julie 2015-uitgawe, sal daar elf (11) uitgawes per jaar wees. Verder sal Radio ZS slegs beskikbaar wees vanaf die Liga in 'n elektroniese formaat as 'n PDF-dokument. Jy as die leser is welkom om jou eie kopie te druk.

Die redakteur wil Kevin Mc Donald, ZS6KMD, Etienne Naude, ZS6EFN, en Frik Wolf, ZS6FZ, bedank, hulle het na vore getree en sal gereelde kolom vir Radio ZS voorsien. Dankie, aan die Sasolburg Amateur radioklub vir die eerste artikel vir die Klub Hoekie. Klubs word uitgenooi om 'n artikel te stuur oor jou Klub - geskiedenis, aktiwiteite, vergadering tye, bulletin tye, ens. Ook dankie aan Pine Pienaar, ZS6GST, vir sy gereelde Afrikaans artikels.

Is daar enigiemand wat bereid is om te kyk na BHF/UHF, satelliete, Jeug, KGL, ens? Ons dames, wat van 'n kolom oor dames sake? Stuur vir die redakteur 'n e-pos na radiozs@sarl.org.za

So, Liga lid, die bal is nou in jou hande, Radio ZS is JOU joernaal, verskaf asseblief die materiaal om te verseker dat elke maand 'n stampvol uitgawe is!

** Radio ZS Foto kompetisie. Na 'n voorstel deur Pierre, ZS6A op die Sone 38 Facebook-bladsy, rig die redakteur van Radio ZS 'n uitdaging aan lede om 'n foto vir die voorblad van Radio ZS te voorsien. Wat nodig is, is 'n portret grootte foto, nie 'n selfie van die operateur nie, maar van die stasie opset, moontlik met die operateur, wat die magiese atmosfeer van Amateur Radio vas vang. Advontuur radio soos RaDAR, eilande op die lug, pieke op die lug, kastele op die lug, CQ Hou Koers, Jamboree op die lug, ens sal voorkeur kry. Daar is 'n klein prys vir die voorblad van die volgende vyf uitgawes van Radio ZS - 'n antenna verwante prys.
** Hier is ‘n herinnering aan die SA AMSAT ruimte symposium wat op 20 Junie 2015 by die Innovation Hub in Pretoria plaasvind. Bespreek nou om voordeel te trek uit die vroeë bespreking aanbod. Meer inligting beskikbaar by www.amsatsa.org.za
** Die Mei RAE het die afgelope Donderdag aand 21 Mei 2015 om 19:00 plaas gevind. Na wat berig word het alles vlot verloop en ons sien uit daarna om die nuwelinge op die lug te verwelkom. Sterkte ook vir die af wag van die uitslae.
** DIE SARL het reeds begin met die uitstuur van hernuwings fakture vir inteken fooie. Betaal asb jou lidmaatskap fooi so gou moontlik. Indien jy nie lid van die liga is nie is dit nou jou kans om aan te sluit en voordeel te trek uit die spesiale aanbod. Indien jy nou aansluit kry jy meer as ‘n maand ekstra vir die skamele bedrag van slegs R 460-00. Die SARL se krag lê in die hoeveelheid lede wat dit verteenwoordig.
As jy nog nie lid is nie, sluit nou aan. Aansoek vorms en meer inligting beskikbaar op www.sarl.org.za of by 011 675 2393 gedurende kantoor ure
Jy is ingeskakel op ‘n nuus bulletin van die SARL en ons gaan nou voort met so paar BHF nuus brokkies.
** D4C is onlangs op 144,426 MHz by die stasie van PJ4VHF oor ‘n afstand van 4686 km gehoor. Volgens Marcos PY1MHZ was die band vir ongeveer 90 minute oop gewees

** Keniaanse amateurs het nou ook toegang tot 50 MHz. Kenia se Kommunikasie Owerheid het amateurs ‘n toedeling tussen 50 en 52 MHz toe gestaan met maksimum uitset van 150 Watt Gelykstroom of dan 400 Watt PEP.

** ‘n Nuwe 2 meter baken is nou aktief vanaf Ierland. Die EI2DKH baken in ruit blok IO51d saai JT65b op 144,488 MHz met ‘n gelykgolf identifikasie elke minuut. Die baken luister ook vir seine op 144,155 MHz gedurende elke ongelyke minuut, en skakel outomaties oor na FSK441 gedurende swaar meteor strooi toestande.

** Jy is ingeskakel op ‘n nuus bulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga

** Gedurende die naweek van 30 en 31 Mei, kan jy deelneem aan die CQ WPX Gelykgolf kompetisie met werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer. Vind al die reëls by www.cqwpx.com/rules.htm

** Die tweede Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale-kompetisie word gehou op Sondag 31 Mei vanaf 13:00 tot 16:00 UTC met PSK en RTD werking op 80, 40 en 20 meter. Die reëls is op bladsy 45 van die 2015 Kompetisie-handleiding.

** Die ZS3 Naelloop wat plaas gevind het op 3 Mei was goed ondersteun. 24 log state is ontvang. Drie log state was as kontrole state gebruik.

1ste: ZS3SVD, Sian van Deventer, 139 punte.
2de: ZS3R, Christo van Rensburg, 109 punte.
3de: ZS4JAN, Jan Botha, 92 punte.
4de: ZS4A, Rickus de Lange, 85 punte.
Die Noord Kaap Amateurradioklub bedank almal wat deel geneem het en die moeite gedoen het om 'n log staat in te stuur.


** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffel mark om 12:00 op Saterdag 30 Mei 2015, by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Nick ZS6NCK 082 454 1272.


** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel en daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 32 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laat middag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Dagboek

30 Mei – Wesrand snuffel mark vanaf 12:00.
30 en 31 Mei – die CQ WPX Gelykgolf kompetisie.
31 Mei – Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale-kompetisie.
6 Junie – KARTS en AWA opedag.
20 Junie – SA AMSAT Simposium by die INOVATION HUB in Pretoria.

Om die bulletin nou mee af te sluit , ‘n kort terug blik op ons hoof nuus.

** Die SARL sal amateur radio as 'n stokperdjie ten toon stel by die 2015 GAUTENG OUTDOOR EXPO vanaf Vrydag 29 Mei tot Sondag 31 Mei 2015 by die Waterfall Polo Estate in Kyalami.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies, van belang vir amateur radio en kortgolf luisteraars, met hulle te deel. Plaas nuus berigte indien moontlik, in Engels sowel as Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webtuiste onder die “newsinbox” skakel, voor of op die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM, asook op verskeie BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi, deur Dick, ZS6RO is ook beskikbaar. Heruitsendings vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie amateur-frekwensies.
Ons ontvang graag jou sein rapport, kommentaar en voorstelle oor die bulletin. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Die Afrikaanse nuus span beskik steeds oor ‘n posisie van nuus opsteller. Kontak asb vir Dawie ZR6DHC by zr6dhc@zs6rtb.co.za indien jy sou belangstel om betrokke te raak met die saamstel van nuus bulletins.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, wat saam gestel is deur Dawie Conradie ZR6DHC, geredigeer is deur Viv Dold ZS6VD en gelees is deur ................................................(naam, roepsein, QTH).

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX




Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003